This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Figuur 6.13: Vul krake met ’n waterige betonmengsel
Figuur 6.14: Betonsaambindingskleefstof
Sommige gedeeltes moet weggesny of -gekap, met staal versterk, en dan met die vars beton opgevul word.
Figuur 6.15: Beton word weggekap
Figuur 6.16: Deur ’n snymasjien te gebruik kan beton gesny word
Twee metodes kan gebruik word om die oppervlakke voor te berei en skoon te maak: 1. Meganies – sandstraling, skuring van die oppervlak, afbeiteling, of met ’n Tennant-masjien
2. Chemies – maak skoon met soutsuur en spuit dan af met hoëdrukstoom. Aktiwiteit 2
1. Verduidelik kortliks hoe jy ’n pilaarvoetstuk op beton sal verbind. Onthou: in hierdie geval moet die beton nog gegiet word.
2. Noem minstens vier stappe wat gevolg moet word om die gegalvaniseerde eenheid hieronder aan ’n betonvloer vas te heg deur van boutkopskroewe gebruik te maak.
3. Maak ’n netjiese skets van ’n I-balk. 4. Wat is die goedkoopste manier waarop ’n houtplank op beton bevestig kan word?
5. Watter twee metodes kan gevolg word om vlakke te berei en skoon te maak voordat hulle aan beton verbind word?