This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Strookfondamentslote Dit word in die stewige ondergrond uitgegrawe en die diepte van die slote word op die werktekeninge gestipuleer.
Daar is twee eenvoudige metodes waarop gekontroleer kan word dat die slote die regte diepte is: • Gebruik ’n waterpas en werk vanaf die uitgangspen wat die vooraf bepaalde vlak merk – hierdie metode is nie baie akkuraat nie • Gebruik ’n korrelstok (maatstok) om die diepte te kontroleer.
Hoe dieper en wyer die uitgrawing, hoe duurder sal dit wees om die fondament uit te grawe en met beton te vul. Dit is moontlik om ’n ongelyk fondamentsloot gelyk te maak wanneer die beton gegiet word, maar dit is veel meer ekonomies om slote te grawe wat gelyk is en presies wyd en diep genoeg is.
Grond
Profielborde Uitgangspunt
Grondvlak Muur-posisie
Betonfondament
Stewige grond
Figuur 7.9: Dwarssnee van ’n strookfondament Peillyn tussen profiele
Diepte onder profiel
Alle profiele op dieselfde vlak as uitgangspunt
Uitgangspunt
Diepte onder uitgangspunt
Korrelstok Profielbord
Waterpasl Uitgrawing
Figuur 7.10: Gebruik ’n korrelstok om die diepte van die fondamentsloot te kontroleer