This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
3.8 Merk van die profielborde Die breedte van die mure en fondamente word op die profielborde gemerk, en spykers word ingekap op hierdie merke sodat nylonlyne daaraan vasgeheg kan word om tussen die borde gespan te word. (Splete vir die vashegting van die lyn kan ook met ’n saag gemaak word.) Die hoogte van die profielborde is belangrik, omdat die diepte van die fondamentslote volgens die borde gemeet word. Die landmeter moet derhalwe hierdie borde baie akkuraat nivelleer.
150 x 38 mm-bord 450 mm wyer as sloot
Vertikale posisie van sloot Spykers of gesaagde merk
50 x 50 mm skerpgemaakte pen 450 – 600 mm onder die grond 150 – 600 mm bokant die grond
Figuur 1:7: Profielborde met spykers wat die breedte van mure en fondamente aandui
3.8.1 Uitmerk van die fondament Die lyne wat tussen die profielbord gespan word, dien as riglyne vir die uitmerk van die fondament op die grond. Kalk kan op die grond, direk onder die lyne, gestrooi word om die posisie van die slote aan te dui.