This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Siviele Tegnologie – Konstruksie Isometriese aansigte van toepassing op konstruksie
’n Isometriese aansig gee jou ’n “prentjiebeeld” van die voorwerp wat jy teken. Dit dui gelyktydig drie verskillende kante (“aspekte”) aan. Dit is gebaseer op drie lyne wat asse genoem word. Hierdie asse gee jou die hoogte-, breedte- en hoekpunte. Isometriese asse verwys na die vertikale asse en die twee ander asse wat elk op ’n 30-grade-hoek van die horisontaal is, word konstruksielyne genoem.
Stap 1: Begin jou isometriese tekening deur ’n vertikale lyn op die horisontale lyn te trek:
Stap 2: Trek twee lyne uitwaarts teen 30 grade op die horisontale lyn.
30°
30°
Stap 3: Meet die horisontale afmeting van die stene langs die twee asse, asook die hoogte van die vertikale lyn, d.w.s. 110 mm na links, en 220 mm na regs, met ’n hoogte van 75 mm.
75
Stap 4: Trek nou die lyne parallel met die lyne wat jy geteken het om die baksteen te voltooi.