This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Veiligheidstekens Praktiese toepassing (Vaardigheid: Om die area te bepaal waar daar ’n veiligheidsrisiko bestaan en om ’n verband te lê met die korrekte veiligheidsteken vir die spesifieke area – WBGV 85 van 1993)
Jy sal die volgende nodig hê: • Verskillende veiligheidstekens (tekens wat op normale papier gekopieer kan word)
• Prestik
Instruksie Leerders werk in groepe van vyf. Elke groep kies minstens vier tekens uit die onderstaande lys.
Instruksies • Een persoon uit elke groep kies minstens vier tekens. • Elke groep bespreek die veiligheidstekens wat hulle gekies het (waar hulle vertoon moet word, ens.)
• Elke groep plak die tekens op die muur of in ’n area waar die leerders dink die tekens vertoon behoort te word.
• Na die praktiese sessie assesseer die onderwyser die akkurate plasing van die tekens deur die leerders.
• Leerders gee terugvoer waarin hulle sê waarom hulle hierdie areas gekies het vir die vertoning van die spesifieke tekens.
Gebruik onderstaande veiligheidstekens om die aktiwiteit te voltooi. (Meer tekens kan nagevors en deur die leerders bygevoeg word.)