This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Trapfondamente word gebruik waar terreine nie gelyk is nie. Pleks van waterpas slote tot dieselfde diepte uit te grawe, word die fondament in ’n reeks trappe gelê. Die betonoorslag (O) moet gelyk wees aan die dikte (T) van die fondament of die hoogte van die trap. Die hoogte van die trap word normaalweg bereken volgens die dikte van ’n steen (of in meervoude van die dikte van die stene).
Natuurlike grondvlak
0
Figuur 7.5: Trapfondament
O – Oorslag van fondament D – Dikte van fondament
Vlotfondamente
In sommige gevalle het geboue op onstabiele grondsoorte (kleigrond) monolitiese (soliede) fondamente nodig wat as ’n eenheid op die grond “dryf ”. ’n Vlotfondament kombineer strookfondamente op sy omtrek om ’n eenheid met die vloerblad te vorm. Vlotfondamente het gewoonlik die een of ander vorm van versterking om ekstra sterkte te verleen.