Siviele Tegnologie Jaarlikse assesseringvereistes
Inleiding Assessering is ’n deurlopende, beplande proses wat die identifisering, versameling en interpretasie van inligting rakende leerderprestasie behels, en ’n verskeidenheid assesseringsmetodes insluit. Dit behels vier stappe: generering en versameling van bewyse van prestasie, evaluering van hierdie bewyse, rekordhouding van bevindinge en die gebruik van die inligting om die leerder se ontwikkeling te verstaan en aan te help ten einde die leer- en onderrigproses te verbeter.
Assessering behels aktiwiteite wat deur die loop van die jaar onderneem word. In Graad 10 tot 12 behoort assessering informeel (assessering vir leer) asook formeel (assessering van leer) te wees. In beide gevalle behoort leerders gereelde terugvoer te ontvang ten einde die leerervaring te verbeter.
Bewyse van al die assesserings, insluitend toetse, simulasies en take, behoort in die leerderboek geplaas te word. Dit is noodsaaklik dat al die items duidelik gemerk moet wees. Los items behoort in die leerderboek geplak te word om so ’n permanente deel daarvan uit te maak.
Alle items in die leerderboek moet die volgende verwysings bevat: • Datum. • Onderwerp. • Tuiswerkopdragtemoet ’n bladsynommer van die handboek en ’n verwysing na die oefening hê. • Leerderboekemoet bewys toon dat die onderwyser dit deeglik nagesien het. Ditmoet in rooi pen aangedui word.
• Die datummoet by alle nasienwerk deur die onderwyser aangedui word. • Daar word verwag dat leerders alle take wat hulle self assesseer, in potlood sal nasien en dat verbeteringe in potlood aangebring sal word.
Aangesien die leerderboek ’n formele assesseringsdokument is, word daar van die leerder verwag om dit oorgetrek, netjies en skoon te hou. Die onderwysermoet leiding in hierdie verband verskaf.
Afgesien van die leerderboek, word geen addisionele lêer of portefeulje vereis nie.
Informele of daaglikse assessering (assessering vir leer) Die doel van assessering vir leer is om deurlopend inligting rakende leerderprestasie in te samel, wat gebruik kan word om leer te verbeter.
Informele assessering vereis dat die vordering van leerders daagliks gemonitor word. Dit word gedoen deur waarneming, bespreking, praktiese demonstrasies, leerder-onderwyser-onderhoude, informele klaskamer interaksies, ens. Informele assessering kan so eenvoudig wees as om ’n les te onderbreek om leerders waar te neem of die vordering van die leerproses met hulle te bespreek. Informele assessering behoort gebruik te word om terugvoer en inligting rakende onderrigbeplanning aan die leerders te verskaf, maar hoef nie aangeteken te word nie. Dit moet nie gesien word as afsonderlik van die leeraktiwiteite wat in die klaskamer plaasvind nie. Leerders en onderwysers kan hierdie assesseringtake nasien.
Selfassessering en portuurassessering betrek die leerders aktief by die assesseringsproses. Dit is belangrik, aangesien dit leerders toelaat om te leer van, en na te dink oor, hulle eie prestasie. Die resultate van die daaglikse informele assesseringtake word nie formeel aangeteken nie, tensy die onderwyser verkies om dit te doen. In dié geval kan ’n eenvoudige kontrolelys gebruik word om die assessering aan te teken. Onderwysers kan egter die leerderprestasie in hierdie assesseringtake gebruik om verbale of skriſtelike terugvoer te verskaf aan leerders, die skoolbestuurspan en ouers. Dit is veral belangrik in gevalle van leerderstruikelblokke en swak vlakke van deelname. Die resultate van die daaglikse assessering word nie in berekening gebring vir bevorderings- en sertifiseringsdoeleindes nie.
Informele assesseringtake dra nie by tot die bevordering of vordering van die leerder nie. Die enigste doel is die ontwikkeling van kennis en vaardighede in voorbereiding vir formele assessering.
6
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124