This page contains a Flash digital edition of a book.
Siviele Tegnologie


1.3 Sand • Natuurlike sand bestaan uit los korrels wat gevormword deur diemeganiese verwering of verpoeiering van gesteentes.


• Die korrelgroottes van sand hang af van die tekstuur van die rots waaruit dit ontstaan het asook die aard en graad van verwering.


• Growwe riviersandmet korrels van gemiddeld 4,75mmin deursnee is die geskikste fynmateriaal wat vir die meng van beton gebruik kan word.


• Seesand het baie sout in en die korrels is te glad weens die werking van golwe. • Sandmoet skoon en vry van klei wees. • Onsuiwerhede in sand verswak die bindingsproses.


1.4 Klipaggregaat • Klip word verkry van ’n verskeidenheid van rotstipes (meestal stollingsgesteentes soos graniet en doleriet).


• Vergruisde (gebreekte) klip word gesif en is in groottes van 10 mm, 20 en 40mmdeursnee beskikbaar.


1.5 Sement • Sement is die hoofbestanddeel van beton,mortel (dagha) en pleister. • Dit is die “gom” wat al die ander dele tot ’n harde, duursame, watervastemassa saambind wanneer water by die mengsel gegooi word om die chemiese proses aan die gang te sit.


• Portland-sement word feitlik uitsluitlik in bouwerk gebruik. [not in Eng book] • Kalksteen en skalie is van die belangrikste grondstowwe wat gebruik word omPortland-sement te vervaardig.


• Die grondstowwe word by hoë temperature gebrand omsementklinker te vorm. • Gips word daarna by die afgekoelde klinker gevoeg. • Die klinker en gips word daarna tot ’n fyn poeier gemaal.


2. Gewone baksteen – Gewoonlik die goedkoopste, want dit is van swakker gehalte en word gewoonlik direk uit die brandoonde verkoop. Dit word gebruik vir mure wat gepleister moet word. Spesiale bakstene – Hierdie stene word vir meer sigbare messelwerk volgens hulle kleur en kwaliteit (hardheid en vorm) geselekteer . Sierstene – Hierdie stene word harder gebak en teen hoër temperature totdat hulle harder, digter en meer weerbestand is as gewone stene. Sierstene is meer akkuraat gevorm, is baie sterk en absorbeer feitlik geen vloeistof nie. Hulle word gebruik vir duursame steenwerk in huise en groot geboue. Sierstene bespaar kostes ten opsigte van pleister, verf en instandhouding. Vuurvaste stene – Hierdie stene word van ’n spesiale soort klei vervaardig en teen baie hoër temperature gebrand. Hierdie stene is vuurbestand en word gebruik om brandoonde se binnewande mee uit te bou, asook vir kaggels en skoorstene. Doelgemaakte stene – Die meeste sierstene, uitgesoekte stene en vuurvaste stene word ook vir spesiale doeleindes vervaardig, soos vir boë en lyswerk waar gewone stene nie gebruik kan word nie, of stene met ronde neuse vir trappe, vensterbanke of die hoeke van mure. Geglasuurde stene – Hierdie stene se oppervlakke word geglasuur, wat beteken dat dit tydens die bakproses in aanraking gebring word met gewone sout of ander glasagtige materiaal wat aan die buitekante vassmelt om ’n blink laag te skep. Slegs uitgesoekte stene of harde kleiteëls word geglasuur. Hierdie stene word gebruik vir dekoratiewe werk of waar mure en vloere maklik skoongemaak moet kan word, soos in hospitale of sekere fabrieke. Betonstene – Betonstene word van die regte hoeveelhede sement, sand en vergruisde klip gemaak. Hulle is in gewone baksteengroottes te kry en ook in groter formate (blokke). Dit is baie ekonomies om met betonstene te bou, aangesien hulle meer akkuraat gevorm en afgewerk is. Hulle is duursaam en aantreklik en is in verskillende kleure beskikbaar.


48


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124