Siviele Tegnologie Spesifieke doelwitte
Die doel van die vak Siviele Tegnologie is om die vaardigheidsvlakke van leerders van Graad 10–12 tot so ’n mate te ontwikkel dat hulle in staat sal wees om ’n loopbaanrigting by ’n Verdere Onderwys- en Opleidingskollege of universiteit te betree onmiddellik nadat hulle die Nasionale Senior Sertifikaat verwerf het. Leerders sal gereed wees om te begin met ambagskappe of vakleerlingskappe wat hulle vir ’n ambagstoets sal voorberei.
Deur die geïntegreerde voltooiing van teoretiese werk en die Praktiese Assesseringstaak (PAT) sal die volgende vaardighede ontwikkel word: • veilige werkpraktyke • goeie huishouding • noodhulppraktyke • interpretasie van werkstekeninge • oprigting van strukture • werkmet akkuratemetings, en • werkswinkelpraktyke.
Kennis van die vakbeginsels, tesame met toegepaste vaardighede, rus die Siviele Tegnologie-leerder toe met ’n unieke stel vaardighede wat hom/haar bo ander leerders laat uitstyg en in ’n gesogte kategorie plaas wat die bedryf, tersiêre instansies en entrepreneurs graag wil bekom. Leerdersmet Siviele Tegnologie as vak vaar merkbaar beter op tersiêre vlak gedurende die eerste twee jaar van hulle ingenieurswese-studies as leerders wat nie oor die agtergrond beskik nie. Hierdie agtergrond is vir hulle tot groot voordeel wanneer hulle ingenieurswese studeer.
Vereistes vir Siviele Tegnologie as vak Die volgende is uiters belangrik in die vak:
1. Elke leerdermoet toegang hê tot: • ’n handboek • ’n werkswinkelmet gereedskap en toerusting • verskeidenheid sivieleingenieurswese- en boubedryf-tydskrifte en naslaanboeke • tekengereedskap • ’n sakrekenaar • meetinstrumente, gereedskap en verbruikbare items vir siviele tegnologie, en • ’n rekenaarmet simulasie- en CAD-sagteware (word sterk aanbeveel).
2. Die skool moet op ten minste een of twee bou- en sivieleingenieurstydskriſte inteken sodat die onderwyser op hoogte kan bly van die jongste verwikkelinge in die bouomgewing.Hierdie tydskrifte kan ook aan die leerders uitgeleen word (op dieselfde manier as biblioteekboeke). Hierdie bronne moet geredelik in die klaskamer of in die biblioteek beskikbaar wees.
3. Die onderwyser behoort ’n verskeidenheid naslaanboeke, kaarte en brosjures in die klaskamer te hê om leerderbelangstelling te stimuleer.
4. Die onderwyser behoort toegang tot die Internet te hê sodat hy na bronne kan soek en relevante, nuwe inligting kan aflaai en druk, aangesien die bouomgewing ’n dinamiese bedryf met voordeurende nuwe tendense en ontwikkelinge is. Die onderwyser behoort ook toegang tot e-pos-geriewe te hê, aangesien nuwe inligting van die vakadviseurs en ander bronne elektronies afgelaai moet word.
5. Skole wat Siviele Tegnologie aanbied, moet ’n goed toegeruste werkwinkel aan die leerders beskikbaar stel vir die voltooiing van die Praktiese Assesseringstaak (PAT).
6. Vakadviseurs moet gereelde ondersteuning aan die onderwysers bied. 2
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124